Skip to main content

Sy Lewe... My Lied... (Kersfees Weergawe) - 2027
Faith Event

Sy Lewe... My Lied... (Kersfees Weergawe) - 2027

Sat, 11 Dec 2027 · 8:00 am – 12:00 pm

Bray Park, QLD
UpcomingFree
👥 0 Going0 Interested

Tap a response to let the organiser know. 0 going · 0 interested

Sign in to save your RSVP.

Sat, 11 Dec 2027

8:00 am – 12:00 pm

Hierdie is die opvolg van die vorige konsert "My Lewe My Lied" (Nov 2022), waar die kunstenaar getuig het oor sy pad met die Here na 'n katastrofiese rugbesering in 2021. Hierdie keer gaan dit oor SY lewe (Christus) en waar die rolstoel inpas. Sommige sal dit 'n Kersfeeskonsert noem — ons noem dit 'n Christusfees. 16 oorspronklike en vertaalde Afrikaanse Christelike liedere word op die aand deur plaaslike talent gesing. Elke lied verteenwoordig 'n deel van SY (my) lewe — vra, wonder, en terselfdertyd die Here Loof en Prys. Die kunstenaar deel ook agter elke lied so bietjie van die agtergrond. Hierdie konsert vervang "Dis Kersfees" hierdie jaar. KAARTJIES (vooraf, beperk): https://www.trybooking.com/CREDY Daar is voorsiening as jy dit nie kan bekostig nie — kode "God1me2" maak die kaartjie $0 op TryBooking. ETE EN DRINKE GEEN BRAAIERS word toegelaat nie. Worsbroodjies, vetkoek/mince, biltong, droëwors, lekkergoed en koeldrank word verkoop. Eskie / drankie voor die konsert welkom (Christelike aangeleentheid — wees respekvol). GEEN kos in die kerk se Auditorium nie. Hosted by "The Entertainment Factory Pty Ltd", trading as "What's Up Kwagga".

Sign in to set reminders for this event.
Share this event

Similar